Nuer | |
---|---|
'n Nuer-seun in Gambela, Ethiopië | |
Totale bevolking: | ca. 3,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Soedan 3 032 076 Ethiopië 547 672 (2008-sensus) |
Taal: | Nuer |
Geloofsoortuiging: | Christendom, Islam, Nuer-godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Ander Nilo-Sahariese volke soos Dinka, Kanuri, Luo en Masai |
Die Nuer (Nuer: Naath) is 'n Nilo-Sahariese etniese groep inheems aan Suid-Soedan en westelike Ethiopië. Hulle bly veral langs die Nylrivier (Wit Nyl). Die Nuer verwys na hulself as Naath.[1]
Volgens die 2011-skatting bly sowat 3 miljoen Nuer in Suid-Soedan, amper 15,6% van die totale bevolking en die tweede grootste etniese groep in dié land, net ná die Dinka.[2] Hulle is veral herders wat beeste vir 'n bestaan aanhou. Hul beeste dien ook as 'n soort metgeselle en lewensstyl.[3] Beeste word gedurende die droë seisoen langs riviere, die Sudd en grasvlaktes aangehou, maar gedurende die reënseisoen na hoër velde geneem om vloede en water te voorkom. Die Nuer behoort tot die Nilo-Sahariese volke, hoofsaaklik gevestigde volke van die Wit Nyl en Groot Mere van Afrika wat landbou en veeteelt beoefen en Nilotiese tale soos Dinka, Luo en Nuer praat.[4]
Die Nuer is in historiese sensusse as gevolg van hul nomadiese leefwyse ondergetel, maar ook wens 'n gebrek aan behoorlike nasionale sensusinligting oor die gemeenskap. Daarbenewens tel die Nuer net ouer gemeenskapslede van die gesin. Die Nuer glo byvoorbeeld dat die aantal kinders wat getel word, ongeluk kan bring, en dat die gemeenskap minder mense wil aanmeld as hulle in werklikheid baie kinders het. Hul Ethiopiese eweknieë is die mees westelike inwoners van die Horing van Afrika.[5]
Hul gelyknamige taal, deur hulle Thok Naath genoem, is een van die Nilotiese tale se Oos-Soedannese tak. Dit word in die Latynse alfabet met bykomende letters geskryf.